Dit was ‘n Dinsdagmiddag toe Ingrid by my opdaag.
Dit was ‘n Dinsdagmiddag om 14-honderd-uur toe Ingrid in Durban Noord by my aankom.
Kaalvoet.
Irene het vir Ingrid gestuur, en sy het gekom.
Die deur oopgegooi en verby my gedruk.
In die middel van my sit- eet- dinkkamer tot stilstand gekom.
My stip in die oë gekyk.
My hand gevat
Ink oor my brein gestort
My op die lippe gesoen
En uitgestorm.
didi skryf soms en ander kere klim sy berge uit, in haar kop en in Suid-Afrika. Sy het een hond en baie vetplantjies. Sy het al genoeg getrek om te weet dat niks permanent is nie.
0 comments on ““Die roep van Ingrid” deur didi”