Dis drome wat ons bou
en in ‘n boksie toevou
tussen ons gepraat
so ewe in die lug opgelaat.
‘n Doel dalk gedien
die toekoms ons laat sien
van woorde fluister sag
stukkie vir stukkie volmag.
Dis drome wat ons bou
en in ‘n boksie toevou.
Wanneer die tyd tog kom
en liefde is nie vermom
het ons dalk besef
dis meskien ‘n lewensles.
Maar die lyn maak my klaar
om drome tog te verklaar
dis geen genot
dalk verlore, ons lot.
Dis drome wat ons bou
en in ‘n boksie toevou.
Dis gevoel wat verstaan
geen teorie of bekwaam
is dit so bestem
dat ons eendag sal wen?
Dis die hart wat praat
oor jou mens-gelaat
dis die siel wat smag
na sy ander-helfte gedrag.
Dis ons drome wat ons bou
Ek wil wees
vir altyd
in jou drukkie toegevou.
didi skryf soms en ander kere klim sy berge uit, in haar kop en in Suid-Afrika. Sy het een hond en baie vetplantjies. Sy het al genoeg getrek om te weet dat niks permanent is nie.
0 comments on ““Stories van drome en eendag” deur didi”