liefste, jy mág nie doodgaan nie
jy mag nie eers dúrf dínk aan dood nie
ek, wat agterbly, balsem jou in taal
vou jou in woorde
dat môre jou kan erf en kan hê en kan hou
ek skeur jou daagliks terug uit die dood
ek vertel jou verhaal
ek voltooi jou einde, liefste fragment
jy wat eens gefluister het
langs my in die nag
KREDIET: Kwela Books, NB Publishers,Versindaba, Roekeloos
Meer oor Antjie Krog
0 comments on “Uit: “Kleur kom nooit alleen nie” deur Antjie Krog”