Afrikaans Poësie

“Selakant”, ‘n gedig deur Anna Greenfield

Daar het eendag ‘n selakant voor my oë verskyn
Hy’t my gegryp so aan my blad, met sout seewater natgespat,
‘n groot hap uit my hart gevat
en toe daarmee verdwyn

Waar is die ander selakant, het jy hom dalk gewaar?
Het hy uitgespoel tot op die sand, gehitch-hike tot op Bloubergstrand,
Bly stap tot oor die plato-rand
En woon hy dalk nou daar?

Ek soek die ander selakant, weet jy waar is hy heen?
Het hy op-gaan-shack in ‘n eenvertrek, met ‘n goudvis of ‘n groot geelbek
Of swem hy nog maar net soos ek
Al soekend en alleen?

Daar is ‘n ander selakant, met wie gaan hy nou mee?
Het hy dan vergeet wat hy heet, want vir so gevreet
Moet hy mos weet
Is daar net een vis in die see.

_____________________________________________________________________________________________________

10441443_10201437515094435_4197335090479558100_n

 

Anna Greenfield. Woordspeler. Plandeler. Hartstreler. Droomteler. Bottersteler.

 

1 comment on ““Selakant”, ‘n gedig deur Anna Greenfield

  1. Lekker ritme, oulik geskryf

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: