Want ons bou ons kastele op aarde
En omhein dit
En kamera dit
En elektries dit
Want ons kan dit saamvat
Hemel toe
En ons koop duur televisies
En aanskou dit
En bekyk dit
En prys dit
Want ons kan dit saamvat
Hemel toe
En skep ons lewens op Facebook
En like dit
En aanskou dit
En love dit
Want ons is perfek
Op pad Hemel toe
En ons koop duur motors
En sonbril dit
En selfie dit
En jaag dit
Want ons kan dit ry
Op pad Hemel toe
En ons koop klere, duur skoene
En pas dit
En ruil dit
En soek dit
Want ons kan dit dra
Op pad Hemel toe
Dié goeters maak ons gelukkig
So getooi
So opgepof
Oppervlakkig
Die Hemel kan wag
didi skryf soms en ander kere klim sy berge uit, in haar kop en in Suid-Afrika. Sy het een hond en baie vetplantjies. Sy het al genoeg getrek om te weet dat niks permanent is nie.
0 comments on ““Die Hemel kan wag”, ‘n gedig deur didi”