Ek het nou die dag gelees dat daar ‘n filosofiese konsep genaamd die “krimpvarkie dilemma” bestaan. Dis skynbaar i metafoor vir intieme menslike verhoudings.
Dit beskryf i situasie waar i groep krimpvarkies i behoefte het om styf teenaan mekaar te sit of lê, jy weet, te cuddle om sodoende die winterkoue af te weer, maar sodra hulle dit doen steek hul skerp penne mekaar. Nou, verskeie philosophers reken ons kan heelwat hieruit leer.
In kort, almal van ons smag na intimacy, maar verhoudings kan en sal altyd wedersydse pyn veroorsaak.
Alhoewel krimpvarkies (of mense) almal i wedersydse behoefte het aan ‘n wederkerige verhouding, is die pyn van i verhouding onafwendbaar.
So, wat is die oplossing dan? Is daar ‘n oplossing? Of is dit onafwendbaar dat jy almal wat jy liefhet en na aan jou is gaan seermaak?
Sielkundiges reken die beste medisyne is om bietjie afstand in enige verhouding te behou, maar die uitdaging is egter om daai sweet spot te vind wat vir albei partye werk.
Nou kom ek vertel jou wat ék tussen die lyne lees. Om iemand se warm asem op jou vel te voel (aanraking) en om na die ritme van iemand se hartklop te luister (intimacy) is albei broodnodig om ons sanity te behou in hierdie wêreld wat soms kil en ongenaakbaar kan wees. Lewe het lewe nodig om te oorleef.
Maar die mens is i complicated being wat nie kan help om op te bou en af te breek nie. It is the nature of the beast. Ons gaan mekaar seermaak. Dis i given. Maar jy kan dit só hanteer dat jou karakter geshape word daardeur.
Dit gee jou gesig diepte. Vuiste wat jou knie, woorde wat jou sny, woorde wat jou opbou of vertroos. Dít gee jou brein tekstuur.
Die cool ding is, as jy nie voetholtes tussen die penne van die krimpvarkie vir wie jy spoon kry nie, kan jy wikkel en effens skuif totdat daai penne jou nie meer karnuffel nie, en jy dus gemakliker lepellê maar sodat julle nogsteeds bewus is van mekaar se dislikes, frustrasies, opinies, hartklop.
That’s quite a balancing act – living your own truth while respecting another’s – want instink noop jou om jou standpunt te beskerm deur ander siele te oortuig dat jy reg is, dat jou standpunt die beste en slimste brainwaves ooit is.
Maar sodra die krimpvarkie se penne jou voetsole aanhoudend ooptorring, abusive raak, kan jy wegloop en i nuwe companion (romanties of vriendskaplik) gaan soek wie se penne jou kielie en strategies prod en poke soos i goeie rondte acupuncture.
Dis egter tough om nuwe vriende te maak, om van romantic partners nie eers te praat nie, so meeste mense byt vas want om alleen te wees is vir sommige mense erger as oop wonde. Tsk-tsk.
Dis my musings… so, wat leer ek hieruit?
Die wrywing van vel teen vel kan hemels of loutere hel wees. So love fiercely but do guard your heart.
You need heat to survive but you do not have to stomach shit. Die lewe is te kort daarvoor.
i Mens se hart hunker na die glorious kindness wat net intimacy bring. i Noue band met familie, vriende, en lovers is voedsaam en broodnodig om i mens se hartkamers te versterk, maar die prys wat ons vir liefde betaal is kneusplekke, papercuts, battle scars, bloed.
Is daar i duurder prys as bloed? Is daar iets lekkerder as liefde?
I think it’s the ying-yang that makes life challenging and real. Love and Pain.
Be brave enough to love. Always be strong enough to apologize first. Wees altyd nederig genoeg om eerste te vergewe. Because that is what it comes down to. To forgive is to keep your backpack light.
Hou jou rugsak lig. En jou hart ligter.
Vrede
Irene
Forgiveness is an act of the will, and the will can function regardless of the temperature of the heart. —Corrie ten Boom
Irene Fischer is mal oor bier; crunchy peanut butter melkskommels en Moulin Rouge. Sy verafsku bokse van enige aard en kan onregverdigheid nie verdra nie, veral wanneer dit kom by diskriminasie en onbedagsaamheid teenoor disabilities. Irene het ‘n diploma in Televisie- en Rolprentvervaardiging; ‘n graad in Joernalistiek en is tans ‘n voltydse skrywer wat droom dat haar bloed soos alphabet soup lyk.
Besoek Irene se webtuiste by www.irenefischer.co.za.
Lekker gelees, baie waar
LikeLike