Afrikaans Poësie

“Ode aan Suid-Afrika” deur Carla Botha

cape town table mountain

Afgestorwe nageslagte
Besing jou lof tussen blaaie van geskiedenis-hoofstukke.
Cerise en cumulus blou verkleur jou laatmiddag tot grou
Donkeraand uitgegiet oor mielielande.
Eindelose stad verander tot swart silhouette waar
Flikkerende konkas en straatlig
Graag beaam dat jou winternagte kan byt soos ‘n brandsiek
Honger brak, tog verkies meeste mense jou
In somer, herfs, tot in lente van dae ⎯
Jy is die huis waar almal graag
Kom afpak, ‘n tuiste vir verlore siele wat te
Lank al kaalvoet loop, soekend na
Manna uit ‘n Suiderkruishemel,
Na nagte van rus waar
Oggend se nuwe beloftes in sonsopkoms
Pols saam tarentaal se roep terwyl
Qui vive ons herinner aan
Rampokker en Rand wat op en af
Spring en sing en
Toi-toi, maar jy staan nes ‘n geduldige ouer op die kantlyn
Uitdrukkinglose gesig tot die
Vloermoer volkome verdwyn en
Warm warrelwinde dik blou wolke aanjaag soos
Xhosas hul skape
Ywerig aanhits oor groen berg en dal,
Zoeloes hul beeste na ‘n kraal, net voor jou blou hemele die stof stilmaak.


carla botha Carla Botha woon en werskaf tans buite Suid-Afrika se grense want sy is alewig opsoek na nuwe avonture en stories. Na baie wik en weeg het sy besluit om sport afrigting te verruil vir tale en sinskonstruksie in die akademiese wêreld. Sy is tans besig met haar MFA in kreatiewe skryfkuns en verkies dit om tyd saam haar vier honde en ‘n stertlose kat te spandeer, met ‘n beker sterk, swart koffie in die hand.

0 comments on ““Ode aan Suid-Afrika” deur Carla Botha

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: