Afrikaans Rubrieke

“Moederskap: Die goeters wat hulle jou nié vertel het nie…”

WAARSKUWING

Om ’n ma te word was die mees betowerende, maar ook die mees onhigiëniese ding wat al ooit met my gebeur het.

Ek was nog nooit so gelukkig nie, maar ek was ook nog nooit so vuil nie.

Die vloer is vol Maggi two minute noodles en piesang, die mure is met Sudocrem geverf. Die kat is alewig met een of ander groente- of vrugte puree besmeer en daar lê hopies grond, blare en eksotiese insekte in ons bed.

Dis chaos. Nie “georganiseerde chaos” nie. Net chaos.

Voor my eersteling haar opwagting gemaak het, het ek soos menigte ander voornemende ma’s romantiese beelde van ’n sysagte (en silwerskoon!) babatjie wat na babapoeier ruik en rustig in my arms slaap, gekoester.

’n Mens kan mos nie wág vir daai eerste baba nie. Dis eers later wat jy besef die maklikste tyd om vir jou baba te sorg was eintlik terwyl sy nog in jou baarmoeder was.

As ek nou terugdink aan daardie naïwiteit wil ek my kop agteroor gooi en ’n histeriese hekselaggie gee. Ek het geen benul gehad van die (letterlike) shit storm wat op ons gewag het nie.

Toe ek so twee maande swanger was het ek begin om ’n lieflike babahoekie in ons kamer met wollerige speelgoed en spierwit muslin lappe in te rig.

’n Mens kan mos nie wág vir daai eerste baba nie. Dis eers later wat jy besef die maklikste tyd om vir jou baba te sorg was eintlik terwyl sy nog in jou baarmoeder was.

Alles in die huis het na Sta-soft geruik. Die doeke was netjies gerangskik. Alles was skoon. Alles was perfek. En toe kom die baba.

Al wat ek ooit regtig gebruik het in daardie eerste paar weke was doeke, wipes en cheap Ackermans onesies. Miljoene daarvan. Die res was baie mooi, maar baie useless.

Ek is die eerste een om te erken dat babas wonderwerke is. Partykeer sit ek met my kind in my arms en ek kan eenvoudig nie glo dat ek ’n 50% aandeel gehad het in iemand só perfek nie.

adorable baby bed child
Photo by Pixabay on Pexels.com

Daar is egter ’n hele paar onaangename en gekompliseerde terme wat met moederskap gepaardgaan. Terme waaroor mense jou (vir ’n rede!) nie altyd inlig nie.

Om te keer dat jy so onkant betrap word soos ek destyds, deel ek graag die volgende met jou:

  1. Stretch & sweep (ek noem dit stretch & weep)

As jy besluit om natuurlik te kraam en jou baba maak nie sy/haar opwagting teen die due date nie sal sommige ginekoloë ’n “stretch & sweep” aanbeveel om die kraamproses aan te help.

Dit staan ook as “membrane stripping” bekend en behels ’n interne ondersoek waar die gynae jou serviks so kwaad probeer maak dat jou baarmoeder net daar en dan behoort te skree: “This baby must come out! Now!”.

My eie stretch & weep was soos iets uit ’n B-graad horror movie. Ek het gedink dit is die meeste pyn wat ek ooit in my lewe sou moes verduur.

Ek was verkeerd, want (eers) twee dae later sou ek vir 15 ure tevergeefs probeer natuurlik kraam.

Dink mooi voor jy stretch & weep – as die baba nog nie reg is om te kom nie gaan dit in elk geval nie werk nie.

Probeer jou pyn vir so lank as moontlik uitstel. Want pyn gaan daar genoeg van wees suster.

  1. Meconium

Ah, Meconium.

Was dit maar eerder die naam van ’n nuwe planeet, ’n raar diamant of ’n afgeleë Griekse eiland.

Meconium is ongetwyfeld een van die minder glansryke elemente van moederskap. Wikipedia som dit as volg op:

“Meconium is the earliest stool of a mammalian infant (jou baba). Unlike later faeces (poef), meconium is composed of materials ingested during the time the infant spends in the uterus: intestinal epithelial cells (selle), lanugo (hare), mucus (slym), amniotic fluid (die gelerige vloeistof wat jou baba beskerm), bile (gal), and water (uiteindelik iets minder gross)”.

Sexy, nê?

My eerste geskenk aan my baba was “the gift of life”, al die liefde in die wêreld en ’n babahoekie wat gelyk het of dit op Top Billing ge-showcase moet word.

My baba se eerste geskenk aan my? Meconium.

  1. Lanugo

Soos hierbo vermeld is Lanugo een van die “produkte” wat deel uitmaak van jou baba se meconium.

Lanugo se doel is om jou ongebore baba teen al die wilde elemente in die baarmoeder te beskerm.

Soms word al die lanugo nie “geshed” voor die bevalling nie en kan jou baba met haartjies oor sy/haar hele lyfie gebore word. Soos ’n regte egte apie.

Lanugo is veral opmerklik in babas wat vroeg gebore is omdat dit gewoonlik verdwyn teen die tyd wat jy agt maande swanger is, maar dit is ook nie altyd die geval nie.

Dit was terselfdetyd die weirdste en die oulikste ding wat ek al ooit gesien het, maar ek was redelik ekstaties en verskriklik verheug toe dit ’n paar weke later genadiglik verdwyn.

Volgens Wikipedia is lanugo “unpigmented”, maar laat ek jou vandag vertel dis onsin.

My dogtertjie (wat twee dae ná haar due date gearriveer het en dus wetenskaplik en biologies veronderstel was om die aarde haarloos te betree) is met pikswart haartjies op die punte van haar ore gebore.

Sy het gelyk soos een van daai Maine Coon katte.

Dit was terselfdetyd die weirdste en die oulikste ding wat ek al ooit gesien het, maar ek was redelik ekstaties en verskriklik verheug toe dit ’n paar weke later genadiglik verdwyn.

  1. Varicose veins & rekmerke

Ek weet mense bedoel goed wanneer hulle sê “ag, moenie worry oor jou varicose veins en/of rekmerke nie – dit is net ’n bewys dat jy swanger was – dat jy die léwe geskenk het!”.

Ek sou dink my baba is genoeg bewyse dat ek swanger was en die lewe geskenk het.

En asof dít nie genoeg bewyse is nie, het ek donker kringe onder my oë, vuil hare en ’n algemene oningeligtheid en apatie teenoor enige nuuswaardige gebeurtenis in die heelal wat ek ook as bewyse kan voorlê.

Rekmerke en/of varicose veins – baie dankie vir julle aandeel in die bewyse dat ek swanger was.

Julle teenwoordigheid word egter nie meer vereis nie, dankie.

  1. NoseFrida

Hierdie ding is presies so grillerig soos wat dit klink.

Elke ma sal weet hoe dit jou hart letterlik in twee skeur wanneer jou klein babatjie (met of sonder harige oortjies) as gevolg van ’n toe neus sukkel om asem te haal.

’n Ma se liefde ken nie perke nie, maar wat ek veral besef het is dat ‘n ma se desperaatheid selfs nog minder perke ken.

Ek het dikwels vir my man gesê “ek wens net daar is ’n ding waarmee ek die snot uit haar neus kan suig”.

Be careful what you wish for, want turns out daar is toe so ’n ding: NoseFrida.

’n Ma se liefde ken nie perke nie, maar wat ek veral besef het is dat ‘n ma se desperaatheid selfs nog minder perke ken.

Wanneer jy die NoseFrida reg gebruik kan daar niks snot in jou eie mond beland wanneer jy dit uit jou baba se neus suig nie (elke wolk het ‘n silwer randjie).

Dit het die wêreld se verskil in my kind se slaappatroon gemaak en vanselfspreked dus ook in my eie sanity.

Ja, dit is waarskynlik nie die mees sosiaal aanvaarbare uitvindsel onder die son nie, maar om ’n stylikoon te wees was in daai eerste paar mal weke (en is steeds) nogal onderaan my prioriteitslysie.

’n Mens het eenvoudig nie die tyd of die krag om aan goeie maniere of etiket te dink wannneer jy ’n stryd om oorlewing voer nie.

Vandag wil ek jou gerusstel: om ’n ma te wees is dikwels om sosiaal onaanvaarbaar te wees.

Maar wanneer dit by die welstand van jou kind kom, heilig die doel altyd die middele!


foto

Tanya van Buuren Botma het altyd gedink ’n dubbelloop-van is aanstellerig. Sy hou van kla en drink graag wyn. Haar drome is om op ’n Griekse eiland te woon, elke rondloperkat in die wêreld te ontmoet en om vir een nag heeltemal deur te slaap.

Tanya woon in Centurion saam met haar man, dogtertjie en kat. Sy het ’n graad in Joernalistiek, maar haar grootste prestasie is haar tweejarige dogtertjie. Jy kan haar persoonlike blog, Tanya se Tantrums, op Facebook volg of besoek haar webtuiste tanyasetantrums.co.za.

 

0 comments on ““Moederskap: Die goeters wat hulle jou nié vertel het nie…”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: