Afrikaans Kontemporêr

“Weiveld” deur Gerraine Rozenkrantz

My kop rus sag op die kussing van nadenke, waar ek strompel deur ‘n donker gang. Rou herinneringe sweef om my heen.

Elkeen torring aan my boesem snaar vir ‘n oomblik van onverdeelde aandag.

Vrese, telleurstellings, kinders se gelag, my man se oë met onuitgesproke versoeke.

Met bewerige hande neem ek één, en bêre hom in ‘n koester skadu kol van my menswees.

Hìerdie een sal ek kan ontgin op ‘n bleek dag vol angs en seer. Kinders wat kreun van té veel genot in hulle are was nog altyd ‘n maklike terugblik op soet gewese oomblikke van sorgeloosheid.

O, daardie einste sorgeloosheid… hoe smag ek na haar! Vir ‘n oomblik voel ek my gemoed sweef tussen wilde drome en roekelose wense. Dit bring ‘n soeke na nuwe avonture vol hartklop oomblikke wat jou asem wegslaan!

Die drome vol hoop is sku in my wese, maar wanneer hulle vir my oogknip hardloop ek vreesloos nader en omhels hulle met onbaatsugtige liefde-nood. Ek hunker na jou my geliefde! Waar skuil jy wanneer ek na jou soek? Vir jὁὑ, gaan ek vannag vasklou… my drome gaan aan jou bou terwyl my vleispaleis herstel vir ‘n uur of twee van slaap…

Môre kom die son weer op in al sy glorie, die voëls is weer vol karakter en gesels, die kinders is weer vol opgeboude opgewondenheid oor wat hierdie dag kan bied. Weer, weer, alweer. Alles is wéér. Wéér trek ek my sokkies op en wéér lig my ken in die aangesig van die onbekende dag. Vandag is die dag wat ek daardie drome sal uitlaat om vry te hardloop in die weiveld van my skaam hoop. Ek sal met moed die deure oopvlans en hul kans gee om die vryheid van sorgeloosheid te voel en te smaak. Sodoende, kan hulle vanaand miskien sterker wees met hulle terugkeer huis toe…

So besef ek opnuut… my drome moet wei in my hoop, al torring daar realiteite aan my binneste.


 

20181024_143434

Gerraine Rozenkrantz is enig in haar soort en leef ‘n lewe van vryheid sonder skaamte. Sy hou daarvan om na bome te kyk en luister, na wat hulle vir haar sê. Jy vind haar in haar element op die gras met haar vier kinders wat om haar speel terwyl sy hul menswees indrink en mulititask deur te tuur die verte in (hoogs waarskynlik met ‘n glas gin in haar hand). Sy soek na wysheid en wil mense se lewens verryk waar sy ookal gaan, of dit nou deur lag of dink is… dit maak haar lewendig voel!

In haar af tyd (van moederwees), bied sy damesaande aan, doen sy individuele, gesins- en huweliks terapie, skryf vir genot en lewer motiverende praatjies wanneer sy die kans kry. Vir haar is elke dag ‘n nuwe avontuur van unicorn sparkles en diep denke.

Sy woon in Pretoria saam haar man van 10 jaar en hulle prag kinders.

0 comments on ““Weiveld” deur Gerraine Rozenkrantz

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: