Afrikaans Rubrieke

“Einde van die Jaar Blues” deur Ansja Ferreira

Op. Moeg. Gedaan. Uitgeput. Kapoet. Melancholies. Blues. Dis is almal beskrywende woorde vir wanneer die jaar te lank word. Mense gluur grimmig na mekaar en die woord geduld het uit die meeste se woordeskat verdwyn.

Mini-oorloë breek tussen vredeliewendes uit, kennisse en vriende vlieg mekaar die hare in. Mens kry die gevoel dat die jaar ‘n maand of drie te veel het. Dit bekruip jou stilletjies soos ʼn luiperd sy prooi bekruip, en as dit jou het, is dit klaarpraat.

Die tyd vir introspeksie en refleksie het aangebreek. Die jaar lê op sy rug en baie van ons dink na oor al die verspeelde kanse, probleme, hartseer, geluk, vreugde en sukses.

Mense maak gereed vir die feesseisoen en gee geld uit op allerhande geskenke en vakansies. En uitgawes waarvoor dalk nie begroot is nie, kan nog meer spanning veroorsaak.

Die slimmes het ‘n naam daarvoor: “Einde van die jaar sindroom”. Verhoudings gaan hierdie tyd van die jaar die swaarste gebuk, want almal is moeg en op die randjie van uitbranding. ʼn Vakansie is die oplossing. Of is dit? Kan ʼn kopskuif jou dalk beter laat voel?

Die tyd vir introspeksie en refleksie het aangebreek. Die jaar lê op sy rug en baie van ons dink na oor al die verspeelde kanse, probleme, hartseer, geluk, vreugde en sukses.

2019 lê voor ons soos ʼn groot, onbekende oseaan, en nie een van ons weet wat die toekoms vir ons gaan inhou nie. Soos elke jaar, gaan die getye jou in-en uit trek. Daar gaan laagwaters, hoogwaters, springgetye, tye van storms en selfs tsunami’s wees, en dan weer tye van rustigheid en kalmte.

Jon Kabat-Zinn skryf in sy boek Catastrophe Living oor volbewus-wees. Dit is die vermoë om in die oomblik, doelbewus, bewus te wees van ons eksterne en interne ervaring, sonder enige oordeel.

ʼn Mens leef in die hier en nou. Nie in die verlede of toekoms nie. Die verlede is verby en die toekoms bestaan nog nie. Om jou te verknies oor 2018 wat verby is en dalk nie vir jou uitgewerk het soos jy dit wou gehad het nie, of om jou nou al te bekommer oor die uitdagings van 2019, kan nie enigiets verander nie.

“Ek wag vir my skip om in te kom” is een van die dinge wat mense dikwels sal sê. Terwyl so ‘n persoon wag vir sy skip om in te kom, is iemand anders dalk besig om ‘n skip te bou.

Baie van ons het nuwejaarsvoornemens, maar navorsing deur die Universiteit van Scranton toon aan dat slegs 8% van mense hul nuwejaarsvoorneme en/of doelstellings bereik.

Die redes daarvoor is dat mense onrealistiese doelwitte stel, daar te veel doelwitte is, en mens nie tred hou met vordering nie, of van voornemens vergeet. Kenners beveel aan dat ʼn mens meer sukses sal behaal deur kleiner, haalbare doelwitte regdeur die jaar te stel, eerder as ʼn enkele, oorweldigende doelwit op een slag.

Is jou glas vir 2019 halfvol of halfleeg? Jy het dalk al baie hierdie vraag gehoor. Jy kán 2019 jou beste jaar ooit maak. Dis eenvoudig. Wees aktief, sien geleenthede raak en gryp dit aan.

Deur harde werk en deursettingsvermoë sal jy sukses behaal. “Ek wag vir my skip om in te kom” is een van die dinge wat mense dikwels sal sê. Terwyl so ‘n persoon wag vir sy skip om in te kom, is iemand anders dalk besig om ‘n skip te bou.

Deur te werk aan iets, sal resultate gesien word. Waarom nie jou eie geleenthede skep nie? Hou jou oë oop vir geleenthede en gryp dit ten volle aan wanneer dit op jou pad kom.

Voorspoed vir 2019!


 

Ansja foto

Why fit in when you were born to stand out?” deur Dr. Seuss, is Ansja Ferreira se gunsteling leuse. Sy is ʼn “free spirit” wat hou van sprokies, meerminne, engele en feetjies en is ʼn skrywer van stories, liedjies en artikels. Sy het ʼn Honneursgraad in Kommunikasiekunde met Joernalistiek as hoofvak en is tans besig met haar Meestergraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat. Daar is nooit ʼn vervelige oomblik in haar huishouding nie en jy sal haar die meeste van die tyd in die tuin kry tussen haar plante en diere.

0 comments on ““Einde van die Jaar Blues” deur Ansja Ferreira

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: