Afrikaans

“Laat Jou Tong Net Blomme Saai” deur Irene Fischer

WAARSKUWING

i.

Eendag was daar i bose oranje koning wat mense met groen oë en blou oë en pers oë, nie kon verdra nie. Hy het op hulle neergekyk, en as hy van aangesig tot aangesig met so persoon gekom het, het sy lip na bo gekrul en sy neusvleuels oopgespêr as i teken van sy openlike disgust.

Die oranje koning het besluit om almal te verban uit sy koningingkryk uit, en i hemelhoë muur te bou om seker te maak mense kom steel nie sy suurstof nie.

Jy wonder seker hoekom hy so vol iepiekonders was, want almal se bloed was tog rooi en almal het dan dieselfde taal as hy gepraat en hulle was nie moordenaars of kanibale nie.

Nope, niks so verfoeilik nie. Dit was bloot omdat sy oë bruin was.

ii.

Eendag was daar i meisie wat kleure kon proe. Sy het een keer i wolk gesien wat soos i swaan gelyk het, en toe proe dit vir haar soos pannekoek. Nat blare proe vir haar soos komkommer. Growwe, bruin boombas soms soos bros, suikersoet sjokolade, en soms soos taai repies biltong.

En die woord “fok” soos liquorice Wilson toffies.

Mense het amused geglimlag vir haar beskrywings en gedink sy het i ooraktiewe verbeelding. Later het hulle annoyed gefrons en agter haar rug geskinder dat sy als opmaak om aandag te trek. Nog later het hulle haar geskel en gedreig en gesê as sy aanhou jok gaan haar hande bo haar graf uitsteek.

Sy het verskrik opgehou praat, in haarself gekeer, en haar exquisite gift met niemand meer gedeel nie.

iii.

Eendag was daar i spekvet president wat al sy land se blare verorber het. Die mense het swaargekry. Hulle was plankdun, honger, koud en dors. Hulle ribbebene het soos bultende are deur hulle vel geslaan en hulle lippe was gekraak en dor.

Die president het halfhartig geluister na hul klagtes en noodkrete, en dan in hul gesigte gekraai van die lag sonder skaamte. Hy het nie geworry nie, want hy was nie honger nie. Hy was nie dors of koud of arm nie.

Die mense se ellende het hom min geskeel. Hy het gelag omdat hy hulle geploeter amusant gevind het.

iv.

Eendag was daar i meisie wat só spierwit was, dat dit gelyk het of sy in poeier geval het. Haar oë was so lig-lig blou en dit het soos ys gelyk, jy weet, so ligte blou soos die atmosfeer op i wintersoggend.

Sy was allergies vir die son, want sonstrale het haar melkwit-vel gepeper met bloedrooi hale, so asof dit haar wou straf omdat sy gebore is. Mense het gestaar, vinger gewys, gelag. Haar gespot met nare woorde wat aan haar vel geklou het soos vieslike, vrot piesangskille.

Op i dag het die polisie haar in i hok gegooi en die mense i fooi gevra sodat hulle haar met tamaties kan gooi. Of eiers. Dit alles net omdat die geskenkpapier waarin sy toegedraai was anders gelyk het as hulle s’n.

Hulle het nie besef dat alle mense eintlik rooi is nie. Al wat verskil, is die skakerings van die papier waarmee elkeen toegedraai is. Papier waaroor geeneen ‘n keuse gehad het nie.

Hulle het nie besef dat alle mense eintlik rooi is nie. Al wat verskil, is die skakerings van die papier waarmee elkeen toegedraai is. Papier waaroor geeneen ‘n keuse gehad het nie.

Ek sien gisteraand i rysmier teen die veiligheidshek en ek dink terug aan die tyd toe ek in die laerskool was. Ek en my maatjie het rysmiere gevang, die vlerke argeloos afgepluk en dit sonder om te weifel in ons monde gestop. Dit het vir my soos botter geproe.

Dis vir my nogal peculiar hoe meeste kinders byna instinktief mean kan wees teenoor meeste ander life forms. Ek dink aan al die miere waarop ek al getrap het asof ek hopscotch speel. Dit was however die volle repertoire van my bloeddorstigheid — miere en rysmiere.

Now that I know better, I’ll do better.

Maak dit een van jou mantras, want bad things happen and are often the best teachers. Leer uit jou foute. Observeer.

Moenie so judgmental wees soos die orange koning nie.  Soos jy oordeel sal jy geoordeel word.

Moet nooit skaamkry vir hoe jy dink of voel nie. Live your truth. Moenie dat mense jou geluk steel nie. Hulle leef nie in jou vel nie, hulle gebruik nie jou brein nie so hulle woorde behoort geen houvas op jou te hê nie.

Moenie so vraatsig en onbedagsaam wees soos die spekvet president nie. Kindness gaan jou mos niks kos nie.

En moet vir geen enkele oomblik dink jy is less than bloot oor die feit dat jy peach coloured (soos my nefie se dogtertjie leer by haar skool), i kleurling, sjinees, boesman, swart of i albino is nie. Jou velkleur define nie jou abilities nie.

Mense is fassinerend. Mense sal jou verbaas met ongeoorloofde acts of kindness. Mense sal jou skok tot in jou rugstring met hul vieslike kleinlikhede en geslepe gedrag, met hul morsige woorde en ongegronde minagting van ander life forms. Jy sal dan gewoonlik i haan drie keer hoor kraai. So observeer en leer. And cause no harm.

Laat jou tong altyd blomme saai.

Vrede

Irene

“If someone is nice to you but rude to the waiter, they are not a nice person.” Dave Barry


 

irene-foto

Irene Fischer is mal oor bier; crunchy peanut butter melkskommels en Moulin Rouge. Sy verafsku bokse van enige aard en kan onregverdigheid nie verdra nie, veral wanneer dit kom by diskriminasie en onbedagsaamheid teenoor disabilities. Irene het ‘n diploma in Televisie- en Rolprentvervaardiging; ‘n graad in Joernalistiek en is tans ‘n voltydse skrywer wat droom dat haar bloed soos alphabet soup lyk.

Besoek Irene se webtuiste by www.irenefischer.co.za.

 

3 comments on ““Laat Jou Tong Net Blomme Saai” deur Irene Fischer

  1. Miskien moet julle die blog se naam verander na “onsskryfanglikaans”.

    Like

  2. Hannelie McGill

    Liewe Irene dankie vir wonderlike stuk wat ek nou gelees het, beste vir stiltetyd op my stoep. You are a inspiration vir my. Dankie dat ek jou kan ken. Lydenburg groete, Hannelie McGill 🌻

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: