Afrikaans Poësie

“Die Lewe?”, ‘n gedig deur didi

Die Lewe?

Ons
sluk
die dag
af
met wyn
en gin
en
skinder
oor almal
by werk
wat ons
vriendelik
groet
en
bekyk
Facebook
met een
oor op
ons kinners
en
een oog
op Whatsapp
en
kla
oor hoe
vinnig
en
besig
die dae
is
en
eet
gulsig
die
w-e-g-n-e-e-m
etes
en
klim in
die bed
na
Netflix
genoeg
background 
noise
gelewer
het
en
slaap
sleg
en
dink
baie
en
droom
min
en
môreoggend
skree ons
fone
ons wakker
en
herhaal
ons die
hele
gespuis.


didi foto

didi skryf soms en ander kere klim sy berge uit, in haar kop en in Suid-Afrika. Sy het een hond en baie vetplantjies. Sy het al genoeg getrek om te weet dat niks permanent is nie.

didisedorings

2 comments on ““Die Lewe?”, ‘n gedig deur didi

  1. Alida Janse van Vuuren

    Mooi gestel van my daaglikse stryd

    Like

  2. Baie waar, hierdie een.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: