Afrikaans Rubrieke

“Lewenslesse” deur didi

  • Hou op jouself vergelyk met almal se highlight wheel op Facebook en Instagram. (Ons almal weet mense post net die beste fotos en oomblikke.)
  • Moenie na jou buurman se gras kyk nie. Lei jou eie tuin nat en sny jou eie gras.
  • Moenie te veel rook en drink nie, dis nie goed vir jou lewer, niere en longe nie.
  • Eet meer groente.
  • Hou op skinder.
  • Pasop met wie jy betroubare inligting deel. (Dink jy rerig die grootste skinderbek in die kantoor sal jou geheim hou?)
  • As jy nog met jou ma kan praat, of haar kan bel, wees dankbaar daarvoor. Ek ken mense wat nie meer ouers het nie.)
  • As jy hou van lees, lees meer. Niemand het nog ooit sleg van lees afgekom nie.
  • As die nuus jou ontstel, kyk liefs iets anders op TV.
  • Hou jou voete plat op die aarde.
  • Moenie dink ander mense gaan nie deur moeilike tye nie. Almal gaan deur moeilike tye. Almal. Net omdat mense dit goed wegsteek, beteken nie dit gebeur nie.
  • Hou op kla.
  • Wees dankbaar as jy ‘n goeie maat getrou het. Baie mense is nie so geseënd soos jy nie.
  • Wees dankbaar vir reën.
  • Laat gaan die mense wat jou drain. Maak jouself los van hulle en beweeg aan. Hou op ander se BS te entertain. As jy jou alles gee, en daai persoon gee niks terug nie, laat dit gaan.
  • Bid vir situasies.
  • Loop meer kaalvoet. (Jy sal van vooraf waardeering kry vir skoene.)
  • Vergeet wat mense aan jou gedoen het. (Jy mors jou energie en tyd.)
  • Slaap ten minste 7 ure snags.
  • Smile. (Al het jy soveel pyn en die trane wil uit jou oë bars, smile!)
  • Maak baie seker oor goed wat jy wil hê. Ons will dinge net hê in vandag se lewe, en dan die dag as ons dit kry, wil ons dit nie eintlik meer hê nie.
  • As iemand honger is, en jy kan, koop vir hulle ‘n brood.
  • Gaan stap om die blok. (Verkieslik nie kaalvoet nie).
  • Hou aan met leer.
  • Bly bietjie stil en luister.

didi skryf soms en ander kere klim sy berge uit, in haar kop en in Suid-Afrika. Sy het een hond en baie vetplantjies. Sy het al genoeg getrek om te weet dat niks permanent is nie. Besoek haar blog: didisedorings

2 comments on ““Lewenslesse” deur didi

  1. Uitstekende lewenslesse.

    Like

  2. Veral om verpersoonlike inligting uit te gee my les goed daar geleer

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: